MEDIA & PRESS RELEASES

Ortopediese probleme met eie bloed behandel

'n NUWE behandeling vir pasiente met ortopediese probleme word nou ook me groot sukses by die Panorama Medi-Clinic toegepas - deur basies 'n pasiënt se eie bloed te onttrek en hom dan weer met die plasma in die aangetaste gewrig of beseerde area in te spuit.

Dr Ockie van Zyl, ortopeed by Panarama Medi-Clinic, sê dié prosedure - bekend as ACP-terapie ("Autologous Conditioned Plasma") is ook baie gewild in die buiteland, veral die Ooste, Europa end die VSA.

Maar hoe werk die proses presies? "Bloed word basies uit 'n aar in jou arm onttrek, in 'n masjien gewentel en 'n natuurlike oplossing word dan verkry deur 'n skeidingsproses in die bloed," sê van Zyl (sien ook illustrasie). "Die rooibloedselle bly onder in die naald oor en die natuurlike, aktiewe bestanddele word in die aangetaste deel ingespuit." Maar hoekom bloedplaatjies uit 'n pasiënt se bloedstroom ontrek? "Die voordeel hieraan verbonde is dat die plasma sewe tipes groeifaktore bevat asook plaatjies wat me genesing help en stamselle wat vinniger herstel van die probleem meebring," verduidelik van Zyl. "Dit is lankal bekend dat die groeifatore in menslike bloed 'n belangrike rol speel in die helingsproses, want plaatjies buite die bloedstroom aktiveer groeifactore".

Mense wat kan baatvind by dié behandeling, sluit in pasiënte met kraakbeenletsels en die vroeë stadium van osteoartritis. Ligamentontsteking kan ook aansienlik baat by dié behandling. ACP-terapie word ook vir die herstel van kraakbeen en spierbeserings, sogenaamde "runners knee", "Iliotibial Bandsindroom" (ITB), ná 'n artroskopie en by kruisligament herstel toegepas. Baie sportlui kan dus ook hierby baatvind.

En pasiënte kan enigiets van een dag tot ses weke weer op die been wees, sê van Zyl. Mense met navrae kan sy kamers bel by 021 930 2740/2708 of besoek die webtuiste www.kneeandhipsurgery.com.

Download a PDF version of this press release?