MEDIA & PRESS RELEASES

Nuwe Kraakbeen hoop vir pasiënte

Woensdag 23 Julie 2008
Petro Bosman, Die Burger

Daar is nou nuwe hoop vir pasiënte wat die meniskus (kraakbeen) in hulle knieë beseer het of voorheen reeds ‘n menisektomie gehad het.
Volgens dr. Ockie van Zyl, ‘n ortopeed by die Panorama Medi-Clinic in Panorama, is daar vroeg vanjaar by dié privaathospitaal met van die eerste kollageen-meniskusinplantings begin waar daar voorheen net menslike kraakbeen – verkrygbaar van ‘n skenkerbank in Pretoria oorgeplant is.

Volgens Van Zyl het ‘n chiug in Colorado, Amerika, in 2003, die eerste kollageen-meniskusinplantings begin doen. Hy het self ‘m kongres bygewoon en daar die tegniek aangeleer.

“Besering van die meniscus is die algemeenste kniebesering en kom veral onder sportlui voor,” sè Van Zyl, wat self ‘n sportman is en juis daarom in ortopedie gespesialiseer het.
“ ‘n Knie waarvan die meniscus verwyder is raak mettertyd onstabiel en pynlik. Osteoartritis kan ná ‘n menisektomie verhaas word en die operasie kan dit vertraag. Die procedure, wat sleutelgat-chirugie behels, duur sowat ‘n uur en die pasient bly een nag oor in die hospital. Daarna volg ses weke in ‘n kniestut en krukke en sowat drie maande se rehabilitasie.”

Van Zyl het gesè hulle doen die operasie ook vie pasiëntemet die beginstadium van artritis om an ‘n buffer tussen die fémur en die tibia te dien.

Laai 'n PDF  weergawe van hierdie persverklaring af?